Wed, 14 Aug
|Online
Slim Maar Onderpresteer
Het jy al gewonder hoekom jou kind hard werk, maar steeds nie die resultate behaal wat jy verwag nie? Ontdek die geheime agter hul onderprestasie in ons webinar, "Slim maar Onderpresteer.Kom leer hoe om hulle ware potensiaal te ontsluit!
Date & Time
14 Aug 2024, 18:00 – 19:00
Online
About the workshop
In hierdie webinar delf ons diep in die uitdagings wat kinders in die gesig staar, selfs al werk hulle hard. Ons bespreek die verskillende faktore wat kan lei tot onderprestasie, insluitend swak kognitiewe en uitvoerende funksioneringsvaardighede en verkeerde leerstrategieë. Ons sal die volgende dek:
- Kognitiewe en Uitvoerende Funksionering:Hoe swak aandag, geheue, en verwerkingspoed jou kind se prestasie beïnvloed. Die impak van swak tydsbestuur en taakorganisasie op skoolwerk.
- Leerstrategieë:Die belangrikheid van effektiewe leertegnieke en hoe verkeerde metodes kinders kan terughou.
- Praktiese Wenke en Oplossings:Hoe om uit tevind wat jou kind se uitdagings is.
Ons doelwit met hierdie webinar is om jou te help verstaan hoekom jou kind onderpresteer, en gee jou die gereedskap om hulle te help suksesvol te wees. Moet dit nie misloop nie!